Koerse Haf

Koerse Haf

Satellietbeeld van die Koerse Haf

Kaart van die Koerse Haf
Koördinate:55°05′34″N 20°54′59″O / 55.09278°N 20.91639°O / 55.09278; 20.91639
Ligging:Litaue, Rusland
Soort:See van die Atlantiese Oseaan
Oppervlakte:1 619 km² (625 myl²)
Opvangsgebied:100 450 km²
Invloei:Nemunas
Uitvloei:Oossee

Die Koerse Haf (Litaus: Kuršių marios, Russies: Куршский залив, Koersjski zaliv, Duits: Kurisches Haff) is 'n baai van die Oossee wat deel uitmaak van Litaue en die Oblast Kaliningrad (Russiese Federasie). Die baai, waarna soms ook as 'n strandmeer verwys word (alhoewel dit naby die Litause hawestad Klaipėda toegang tot die oop see het), word deur die Koerse Skoorwal van die Oossee geskei. Die Nemunas- of Memel-rivier mond met sy rivierarms – waaronder Atmata en Skyrvitė naby die Litause dorp Rusnė – in die Koerse Haf uit.

Die baai beslaan 'n totale oppervlakte van 1 584 vierkante kilometer (waarvan 415 op Litause en die res op Russiese grondgebied). Die grootste diepte is slegs 5,8 meter, met 'n gemiddelde diepte van 3,8 meter. Die baai het 'n maksimale soutgehalte van 8 promille.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy